#MunisipaleMaandag: Boomplantdag loop skeef in Randgate

Nasionale Boomplantdag het so effens skeefgeloop in Randgate nadat bome in plaas van plante afgekap is.

In hierdie week se #MunisipaleMaandag kyk die Herald na ‘n Nasionale Boomplantdag-insident wat die teenoorgestelde uitwerking gehad het.

Gedurende die week van 1 tot 7 September is Nasionale Boomplantdag landswyd gevier.

Die doel van die dag is om mense bewus te maak van die waarde van bome en dat dit beskerm moet word. Daar is gedurende die week so veel as moontlik bome in hul verskeie gemeenskappe geplant, maar in Randgate was dit nie die geval nie.

Op Saterdag 9 September het die gemeenskap iets baie vreemds opgemerk. Verskeie bome wat al jare in Uniestraat gestaan het, is sonder hul medewete afgesaag.

Volgens inwoner Martie Calitz gee die bome skuiling en skadu, en is deel van die geskiedenis en erfenis van Randgate.

“Dit maak my baie hartseer. Hoekom kap hulle die bome sonder rede af en laat die stompe en takke boonop net so lê?” het Martie gevra.

Die Herald het DA-raadslid Sina Erasmus om haar kommentaar genader.

“Dit maak my baie hartseer dat bome wat vir jare gestaan het, afgesaag is om ander te bevredig. Diegene wat die verordeninge oortree het, sal aangekla word en die takke sal verwyder word sodra die saak afgehandel is. Kom ons bewaar ons bome – dis deel van ons erfenis,” het Sina gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version