Bekende sakeman se plek is nou leeg

Alhoewel Hennie se plek leeg is, gaan die onderneming sy visie laat voortleef.

Die 67-jarige eienaar en stigter van Power Truck Parts is op 2 September na ‘n kort siekbed onverwags oorlede.

In 1985 het Hennie Kloppers ‘n behoefte in Randfontein vir nuwe vragmotoronderdele raakgesien en die onderneming gestig. Hennie het daarna gestreef om die beste diens en produkte te lewer en was baie geliefd in die gemeenskap.

Volgens die personeel sal hy altyd onthou word as ‘n hardwerkende, liefdevolle en lojale persoon teenoor sy klante en kollegas. Die gemeenskap sal hom onthou as ‘n mentor met ‘n omgeehart vir mense en diere. Hy het diep spore in talle mense se lewens getrap.

Oor die jare het talle vriendskappe ontwikkel en die onderneming was een groot familie. Alhoewel Hennie se plek leeg is, gaan die onderneming sy visie laat voortleef.

Die onderneming wil graag elkeen bedank vir hul meegevoel, simpatie, hulp, ruikers en ondersteuning in dié moeilike tyd.

Hennie word oorleef deur sy geliefde vrou, Sarie, met wie hy 45 jaar getroud was.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version