Bekende sakeman onder raaiselagtige omstandighede doodgeskiet

Daar word beweer dat die man, sy vrou en seun in die huis was toe die skietery plaasgevind het.

‘n Plaaslike sakeman is dood nadat hy na bewering deur drie geweerskote getref is. Hy was welbekend in Randfontein.

ER24-paramedici het gisteraand, Sondag, 10 September, net voor 6nm die noodoproep ontvang en was kort daarna op die toneel. Die man, wat in sy sestigs is, was toe reeds dood. EPR Sekuriteitsdienste was ook op die toneel.

Die omstandighede waaronder hierdie tragiese skietvoorval plaasgevind het, kan nog nie bevestig word nie. Kaptein Appel Ernst, Randfontein-polisiewoordvoerder het gesê dat sy in hierdie stadium slegs kan bevestig dat daar wel ‘n skietvoorval was.

Lees ook: Vermeende inbreker in W’aria doodgeskiet

Daar word beweer dat die man, sy vrou en seun in die huis was toe die skietery plaasgevind het. Sosiale media gons soos mense oor die voorval spekuleer en die geskokte gemeenskap treur oor sy afsterwe.

Die Herald sal meer besonderhede deurgegee sodra die betrokke partye dit bevestig het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version