R’fontein-ontwerper slaan die asems weg

Volgens haar het sy nog nie een dag in haar lewe gewerk nie – sy leef haar passie elke dag uit.

Sedert sy kan onthou het Carina Trewick, 42, geteken. Haar drome het in ‘n oogwink waar geword toe sy 20 jaar gelede by Aranda Textile Mills as ontwerper aangestel is.

Carina woon ongeveer 30 jaar lank in Randfontein en het na skool tekstielontwerp in Pretoria studeer. Daarna is sy aangestel as ontwerper en fotograaf by Aranda waar sy patrone vir die komberse ontwerp.

Volgens haar het sy nog nie een dag in haar lewe gewerk nie – sy leef haar passie elke dag uit.

“Ek is ‘n kreatiewe mens en dit is wat my hart laat klop. Enigiets te doen met kleur, tekstuur en fotografie lê my baie na aan die hart,” het Carina gesê.

Volgens Carina inspireer enige vorm van kuns haar en sy eksperimenteer ook graag. In haar vrye tyd skilder sy, doen mosaïek, maak juwele of hou haar besig met enige aktiwiteit wat haar kreatiwiteit toets.

Carina het aan die Herald vertel dat sy inspirasie in alles in die lewe sien en kry.

“Ek sien alles in kleure, vorms, patrone, skadu en lig, en sien ook altyd potensiële ontwerpe in die natuur en die omgewing raak,” het Carina gesê.

Sy hou ook daarvan om te stap en haar ervarings van haar kluitklaplysie af te merk. Sy wil mense inspireer om hul drome na te jaag en hulle gelukkig laat voel wanneer hulle na haar ontwerpe kyk.

‘n Suksesvolle ontwerper moet volgens Carina kreatief wees, met nuwe idees vorendag kan kom en in ‘n span kan werk.

Die persoon agter die ontwerper is eintlik ‘n introvert, maar Carina glo dat sy haarself deur haar kuns uitbeeld.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version