Paartjies staar weer in mekaar se oë

D8-night in Randfontein was 'n groot sukses en het die liefdesvlamme weer hoog laat brand.

Elke jaar loods Intiem-tydskrif ‘n huweliksweek van 1 tot 7 September.

Plaaslike inwoners Louis en Myrlandi Nel wat deel vorm van Harts-Tog Bedieninge is ambassadeurs vir Intiem in Randfontein.

Harts-Tog het ontstaan deur ‘n profesie wat oor Myrlandi en Louis se lewens uitgespreek is toe hul verloof was. Hulle het toe besluit dat hulle hulle daarop gaan toespits om ander se huwelike te verryk – nie noodwendig deur huweliksberading aan te bied nie. Dit is waar hul passie ontstaan het.

“God het net alles in plek laat val en 11 jaar later staan ons in ons roeping en doen voorhuwelikse klasse, seminare en ‘D8-Nights’ net om te kan sê ons glo in huwelike en dat dit ons baie na aan die hart lê,” het Louis gesê.

“Die afgelope twee jaar beplan ons ‘n funksie waar getroude paartjies bymekaar kom en verklaar hoe belangrik hul huwelike vir hulle is,” het Myrlandi gesê.

Vanjaar het die paartjie besluit om terug te ploeg in die gemeenskap wat Harts-Tog gereeld ondersteun. Hulle het een van hul ‘D8-Nights’ op 1 September aangebied sodat die huweliksmaats spesiale tyd saam kon deurbring en opnuut hul liefde aan mekaar verklaar.

Die geleentheid was in die vorm van ‘n piekniek. Die laterns, liggies en piekniekkomberse met heerlike lekkernye het gehelp om ‘n romantiese atmosfeer in die saal te skep.

Die lofprysing- en aanbiddingspan van die AGS Randgate het gehelp om die aand ekstra spesiaal te maak. Die paartjies is vermaak deur Harts-Tog en vriende wat Louis en Myrlandi Nel, Burrie en Martinet Theunissen, Nakita Breedt en Andre van der Walt ingesluit het. Hulle het ook mooi liefdesliedere saam gesing.

Nakita het vertel dat sy en haar kêrel spesiale tyd saam deurbring. ‘n Ander paartjie het vertel dat hulle die aand kom geniet het om nuwe idees te kry om hul huwelik op te kikker.

Die aand was ‘n groot sukses en het die liefdesvlamme weer hoog laat brand.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version