Massas stroom na NG Kerk Randfontein-Noord se padkafee

Die gemeente is reeds hard besig om hul volgende padkafee te beplan.

Groot opwinding het op Lentedag by die NG Kerk Randfontein-Noord se jaarlikse padkafee geheers. Nie een van die gemeenskapslede wat in massas opgedaag het om aan die smullekker kos te smul, het teleurgesteld huis toe gegaan nie.

Lena Reyneke, die organiseerder het vertel dat al die fondse vir die gemeente se talle uitreikprojekte gebruik gaan word. Sy het vertel dat ongeveer 45 mense, wat kerkpersoneel insluit, deel van die projek is.

Die dames het van vroegoggend tot laatmiddag hard gewerk om genoeg kos te voorsien.

“Ons het pannekoek, hamburgers, worsrolle, Yankees, kerrie-en-rys, verskeie poedings en jaffels verkoop,” het Lena vertel.

Sy het aan die Herald vertel dat die moeilike ekonomie veroorsaak dat die gemeenskap se beursies plat is, daarom word daar jaarliks ‘n padkafee gehou om bykomende fondse in te samel sodat die gemeente met hul projekte en welsynsdienste kan voortgaan.

Die gemeente is reeds hard besig om hul volgende padkafee te beplan. Hulle wil graag die gemeenskap en alle besighede bedank vir hul bydraes tot dié suksesvolle padkafee.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Exit mobile version