Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #32 – Wiehan van der Merwe

Die 32e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 5 September, het die Herald in die 32e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Wiehan van der Merwe, 30, ontmoet.

Wiehan, of Tiny, soos almal hom ken, is welbekend in die dorp. Hy is ‘n voormalige Jan Viljoen-leerder en werk tans by Mapogo Sekuriteit.

Wiehan bly al jare lank in Randfontein. Hy het al Suid-Afrika se buurlande oor ‘n tydperk van ses jaar gaan verken. Sy droomplek om te besoek is Tanzanië. Sy familie besit ook ‘n plaas in die Oos-Kaap.

Almal ken hom as iemand wat altyd ‘n grappie vertel. ‘n Interessante feit is dat hy al rolle in flieks soos Zama Zama, ‘n Pawpaw vir my Darling en Villa Rosavertolk het.

Wiehan se pa is ‘n bekende regisseur en iemand na wie hy opkyk. Sy ouma se kos is sy gunsteling. Volgens hom is hy, “… ‘n regte mommy’s boy“.

Wiehan hou van bergfietsry en alle soorte musiek.

“Ek hou baie van Ranfontein se mense. Ons is soos een groot familie,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button