Local newsNews

Vet pret by 4×4-dag

Vir die jong klomp was die moddergat iets uit 'n fliek en het hul ouers gesukkel om hul uit die modder te kry.

Die lente is hier en daar is nie ‘n beter manier om dit te verwelkom as met ‘n modderbad, ‘n 4×4-hindernisbaan, smullekker boereworsrolle en yskoue koeldrank nie.

Die Nederduitsch Hervormde Kerk Sionspoort en EPR Sekuriteit het die afgelope Saterdag hul jaarlikse 4×4-pret- en familiedag op die Droogeheuwel Plaas in Finsbury aangebied. Vir die waaghalsiges en dié wat g’n bang haar op hulle koppe het nie, was die pretdag so reg na hul smaak.

Die geleentheid word beskou as een van die opwindendste familiedae en musiekfeeste – alles ten bate van NH Sionspoort.

‘n 4×4 plas deur die modder.

Oud en jonk het die dag terdeë geniet. Veldrenliefhebbers en 4×4-entoesiaste kon nie wag om hul voertuie op al die hindernisse te toets nie. Dit was net modder en stof waar jy kyk, maar dit was duidelik dat almal hulself geniet het.

Vir dié wat nie die 4×4-roetes aangedurf het nie was daar heerlike vermaak deur plaaslike kunstenaars, Tanya V en Franna. Die hoogtepunt van die dag was Brendan Peyper se optrede.

‘n Verskeidenheid voertuie is ten toon gestel en daar was heerlike boereworsrolle, hamburgers en vele meer om aan te smul. Vir die jong klomp was die moddergat iets uit ‘n fliek en hul ouers het gesukkel om hulle daaruit te kry.

Volgens EPR was dit ‘n baie genotvolle en suksesvolle dag. Volgens Bianca Venter behoort Randfontein meer sulke pretdae aan te bied.

Met die lente amptelik hier en kan Randfonteiners gerus hul baadjies vir eers bêre en die kortbroeke uithaal want dit gaan geleidelik warmer word. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is die maksimum temperature van Donderdag af in Randfontein 29°C, en 30°C op Vrydag en Saterdag.

Die heerlike lente.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button