NewsSchools

Jannas kroon hul Menere en Mejuffroue

Mnr en Mej Jannas gekroon op Lentedag.

“‘n Vrou se skoonheid word nie bepaal deur haar klere, haar figuur of haar haarstyl nie. ‘n Vrou se skoonheid is in haar oë, want dit is die deur na haar hart, die plek waar liefde woon.” — Audrey Hepburn

Dit en veel meer het die jong vroue en seuns uitgebeeld tydens die Mnr en Mej Jan Viljoen 2017-kompetisie op Vrydag 1 September waartydens hul mooistes gekroon is. Al die sitplekkaartjies was uitverkoop.

Vincenzo Visagie,Calvin Smith en Thiaan van Niekerk.

Die spoggeleentheid het ‘n Middeleeuse tema gehad, wat in die dekor en in die deelnemers se informele kleredrag weerspieël is. Daarna het hulle hul informele uitrustings vir spoggerige pakke en aandrokke verruil wat die beoordelaars en gehoor se asems weggeslaan het.

Gaskunstenaar Ruan Josh het almal met sy goue stem bekoor.

Chandré du Plooy, Reuchine van der Walt en Zuricka van Heerden

Beoordelaars het bekende name in die bedryf ingesluit, soos Armand du Plessis, Shene van der Vyver, Johannes Olivier, Valma Laubscher en Elmarie Welthagen.

Die wenners is as volg:

• Mnr Jan Viljoen Jnr – Calvin Smith; eerste prins – Vincenzo Visagie; tweede prins – Thiaan van Niekerk

• Mej Jan Viljoen Jnr – Reuchine van der Walt; eerste prinses – Chandré du Plooy; tweede prinses – Zuricka van Heerden

• Mej Jan Viljoen Snr – Paula-Jade Lisher; eerste prinses – Melani Botes; tweede prinses – Leruchka de Villiers

• Debutante – Emmie Harmse

• Mnr Persoonlikheid – Shawn Coetzee

• Mej Persoonlikheid – Paula-Jade Lisher

• Mnr Fotogenies – Austin van der Merwe

• Mej Fotogenies – Zaskia Brits

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button