Hoërskool Riebeeckrand kroon sy Mnr en Mej

Hier is hulle! Meneer en Mejuffrou Riebeeckrand tydens Hippie-aand gekroon.

Tydens ‘n asemrowende geleentheid Vrydagaand, 25 Augustus net voor die lente begin, het seuns en dogters mekaar die stryd aangesê om as vanjaar se Mnr en Mej Riebeeck gekroon te word.

Die spoggeleentheid met ‘Hippies’ as tema is by Randfontein Gholfklub gehou.

Peet van Jaarsveld wat as Mnr Riebeeckrand eerste prins en Brandon Badenhorst wat as Mnr Riebeeckrand aangewys is. Foto ingestuur.

Die junior dogters, senior dogters en seuns het elkeen die geleentheid gekry om twee keer op die loopplank te paradeer – eers in hul informele drag wat die tema van Hippies uitgebeeld het.

Daarna was die seuns en dogters almal in formele drag uitgevat, reg om te beïndruk. Met ‘n gehoor wat die deelnemers toegejuig het en die talentvolle PJ Pretorius van The Voice as gaskunstenaar was die gesellige aand ‘n reuse sukses.

Van die junior deelnemers. Foto ingestuur.

Die beoordelaars se asems is weggeslaan deur die deelnemers wat almal sprokiesmooi gelyk het. Dit was beslis nie vir hulle maklik om die wenners te kies nie.

Riebeeckrand se paneel beoordelaars het bestaan uit Armand du Plessis, Sasha Taylor, Willie Barnard, Sharon Gossayn, Jacques van Rooyen en Marina Wildt – almal ook bekende name in die modelbedryf.

Mnr Riebeeckrand Brandon Badenhorst, Mej Riebeeckrand Senior Megan Erasmus en Mej Riebeeckrand Junior Caitlin Buitendag. Foto ingestuur.

Die wenners is as volg:

• Mej Riebeeckrand Senior: Megan Erasmus, Neelandri Nel (eerste prinses) en Kyrsha McDonald (tweede prinses)

• Mej Riebeeckrand Junior: Caitlin Buitendag, Christelle Vosloo (eerste prinses) en Wjanik Beneke (tweede prinses)

• Mnr Riebeeckrand: Brandon Badenhorst en Peet van Jaarsveld (eerste prins)

• Mej Persoonlikheid Junior: Lee-Ona Pretorius

• Mej Persoonlikheid senior: Corrine Human

• Mnr Persoonlikheid: Jason Joubert

• Mej Fotogenies Junior: Lee-Ona Pretorius

• Mej Fotogenies Senior: Ledean Maartens

• Mnr Fotogenies: JP Bouwer

Die aand was ‘n ware sukses en almal het pragtig gelyk. Foto ingestuur.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version