Local newsNews

Vriendskaptuiste hou groot kermis

'n Gesellige atmosfeer het geheers tydens Vriendskaptuiste se kermis die afgelope naweek.

Kleuters het baljaar en die ouer garde het met mekaar geselsies aangeknoop tydens Vriendskaptuiste se kermis op Saterdag, 26 Augustus.

Met die Herald se aankoms was dinge al klaar in rep en roer. ‘n Gesellige atmosfeer het geheers. Daar was pryse te wen by die Tombola en vir die kinders was daar vissievang, ‘n petting zoo en kettieskiet. Hulle kon onder andere na skilpaaie kyk en die springkasteel was natuurlik ook ‘n groot wenner.

Christa Breytenbach, landdros Elbie Botha en Linda Dayanand vier die geleentheid.

Kermisgangers het rondgesnuffel by die Witolifant-tafel en daar was ook ‘n interessante boekwinkel.

Vir diegene wat vroeg al honger was, was daar ‘n heerlike plaasontbyt en stomende koffie by die Koffie Kan. Natuurlik was die geur van die Portugese hoender en lekker boerwors onweerstaanbaar. Een stalletjie het die heerlikste snoek voorberei en verkoop. Daar was nog ‘n verskeidenheid ander eetgoed ook om van te kies, soos lekkers, pannekoek, vetkoek-en-maalvleis en heerlike Yankies-etes.

NEWSPAPER ONLY — Marina Steenkamp, Rudi Steenkamp, Neels Swart en Tiaan Visser by die heerlike Portugese hoender.

Daar was ook heeldag lekker musiek uit alle genres en selfs ‘n veiling.

‘n Paar bekende gesigte is ook by die kermis opgemerk, soos Eddie Krog, landdros Elbie Botha, Andre Nunes, Christa Breytenbach en dominee Edwin van Wyk.

Kiané Snyman, 5, ia reg vir die groot fees.

‘n Gelukkige inwoner het boonop ‘n verwerkte skaap gewen.

Randfontein het die kersmis goed ondersteun om seker te maak dat dit ‘n groot sukses was.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button