Vermeende dief teiken skool

Plaaslike skool vanoggend deur vermeende dief geteiken, wat toe vasgetrek is.

‘n Skool in Glenharvie het vanoggend onder ‘n vermeende dief deurgeloop.

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR Sekuriteit het gesê hulle het in die vroeë oggendure van Donderdag, 31 Augustus ‘n alarmsein vanaf die skool ontvang.

Lees ook: Skoolseun helder oordag beroof

EPR se vinnige reaksie het meegebring dat reaksie-offisier Anthony Haynes ‘n verdagte op die perseel opgemerk en hom gearresteer het.

Volgens Krogh het Haynes eiendom van die skool in die verdagte se besit gevind. Die verdagte het na bewering ‘n deur oopgebreek om toegang tot die goedere te kry. Die verdagte is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version