Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #31 – Renate Barnett

Die 31e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Op Dinsdag, 29 Augustus, het die Herald in die 31e aflewering van #Leer ‘n Teiner ken, vir Renate Barnett, 32, ontmoet.

Renate woon die afgelope 22 jaar in Randfontein. Sy is ‘n naeltegnikus en het ‘n passie om met veral ouer vroue te werk. Sy is gebore in Carletonville maar volgens Renate is haar hart in Randfontein. Sy is 11 jaar getroud en is die trotse ma van twee seuns.

R’tein het ‘n heerlike atmosfeer en rustigheid, en ek sal dit vir niks verruil nie,” het Renate gesê.

Renate se gunsteling plek in die dorp is die nuwe winkelsentrum waar sy en haar vriendinne gereeld ‘n warm sjokoladedrankie by ‘n koffiewinkel drink.

Renate het aan die Herald vertel dat die gemeenskap haar as Moeder Hen ken omdat sy haar altyd oor ander ontferm. Haar grootste droom is dat haar kinders eendag suksesvol en gelukkig sal wees.

“Lewe jou lewe, môre se bekommernisse is môre s’n,” was haar woorde aan die Herald.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button