Local newsNews

R’fontein sing hul harte uit vir R10 000-prys

Randfonteiner wen R10 000 in 'n plaaslike karaokekompetisie.

Vir 10 weke lank het ongeveer 48 sangers met mekaar meegeding vir @Loos Pub and Grill se karaoke-titel.

Die kompetisie het elke Woensdagaand plaasgevind. Deelnemers moes oor dié tydperk 20 liedjies sing. In die semifinaal het agt sangers gewys waartoe hulle in staat is, waarna die beste vyf gekies is. Die beoordelaars was vier bekendes in die industrie en het hulself uitstekend van hul taak gekwyt.

Die wenner, Chrizahn Pittendrigh (regs) ontvang haar prys.

“Ons het later ‘n top drie gekies wat toe op Saterdag, 26 Augustus vir die groot prys meegeding het,” het die eienaar, Frik Prinsloo gesĂª.

Volgens hom was die kompetisie ‘n groot sukses en het die deelnemers hul harte uitgesing om die R10 000 te probeer wen.

Die wenners was as volg:

• Eerste – Chrizahn Pittendrigh
• Tweede – Bridgitte Blignauth
• Derde – Moduzaine Marais

Die volgende kompetisie skop binnekort af.

 

 

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button