Ma’s, dogters van Riebeeck hou Pajamas-aand

Ma’s, dogters en vriendinne van Riebeeckrand het onlangs heerlik saamgekuier in hulle snoesige pajamas.

Hoërskool Riebeeckrand het op 18 Augustus ‘n ma-en-dogteraand gehou met die tema ‘Pannekoek en Pajamas’.

Ma’s, dogters en vriendinne het heerlik saamgekuier in hulle snoesige pajamas.

Die aand was vol pret en plesier en die gesellige atmosfeer het almal laat tuis voel. Die aand het begin met ‘n tromslaansessie waartydens die dames self die dromme ritmies kon slaan en deuntjies speel. Daar was hope pret.

Ma’s en dogters geniet hulle tydens die spesiale geleentheid. Foto: Ingestuur.

Later die aand het die bekende en beroemde aktrise, skilder, skrywer en joernalis, Susan Coetzer die dames toegespreek met ‘n spontane boodskap wat oorgeloop het van positiwiteit.

Daar was heerlike pryse op die spel en selfs ‘n fotohokkie wat deur die skool se hoofborg, Randwest Nissan Randfontein, opgestel is.

Die saal was ongelooflik mooi versier. Foto: Ingestuur.

Hoërskool Riebeeckrand bedank elke ma, dogter en vriendin wat die aand saam met hulle geniet het. Riebeeckrand bedank ook elke instansie in Randfontein wat ‘n prys vir die aand geborg het. Dit word opreg waardeer.

“‘n Besondere dankie gaan aan Randwest Nissan wat die hoofborg van die aand was,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Riebeeckrand sien daarna uit om weer saam met Gerda Pieterse en haar Nissan-span te werk.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version