Connie Mulder se Eisteddfod Techno-skouspel op die horison

Connie Mulder maak reg vir hul Eisteddfod Techno en 2017-skouspel.

Dis weer amper tyd vir die Connie Mulder Sentrum se jaarlikse Eisteddfod Techno en 2017-skouspel.

Dit word om 8vm op Saterdag, 16 September in die Bea Botha Saal in Wilbotsdal gehou.

Daar gaan ook deelnemers van sentrums soos Die Oord, Irene Homes, Logwood, Sunfield Fortuna en Wes-Randse Vereniging vir Fisies Gestremde Persone wees.

Die Eisteddfod is ‘n geleentheid waar gestremdes hul talente op die verhoog ten toon stel. Gordon Henney, hoof uitvoerende beampte van die Connie Mulder Sentrum het gesê dat die skouspel al die afgelope 10 jaar aangebied word.

“Ek sien baie uit daarna,” het Gordon gesê.

Tydens vorige jare se Eisteddfods was die gemeenskap verstom oor die deelnemers se talent en daar is soms ook trane weggepink.

“Dit is ongelooflik om die groot talent onder die gestremdes te beleef,” het Gordon bygevoeg.

• Navrae: Kontak die kantoor by 011 278 9904/ 5/ 6 of stuur ‘n epos na info@conniecentre.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version