Vermeende rower gearresteer – probeer EPR toe omkoop

'n Vermeende rower in besit van vermoedelik gesteelde goedere probeer EPR omkoop na sy arrestasie.

EPR Sekuriteit het gisteroggend ‘n verdagte vasgetrek met vermoedelik gesteelde goedere in Eerstestraat in die Randfontein-middedorp.

Die verdagte wou boonop die EPR-offisier met R200 omkoop nadat hy gevang is.

Die vermoedelik gesteelde goedere wat in die asblik gevind is.

Lees ook: EPR trek vermeende spoordief vas

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR het gesê die reaksieoffisier aan diens was Jeandre Sheppard. Hy het ‘n verdagte opgemerk wat goedere in ‘n asblik by ‘n motorhawe gegooi het. Sheppard het gaan ondersoek instel en verskeie items, onder andere ‘n mes, kaarte en sleutels gevind. Die verdagte is onmiddellik gearresteer en die polisie is ontbied.

“Die verdagte het reaksieoffisier Sheppard met ‘n R200-noot probeer omkoop,” het Krogh bevestig.

Sheppard het egter die R200 van die hand gewys en die verdagte onmiddellik gearresteer.

Die verdagte tesame met die goedere en die R200 is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version