Local newsNews

Kaskardag by Ram sorg weer vir baie pret

Laerskool Randfontein se Kaskardag was weereens vol pret.

Laerskool Randfontein se leerders, ouers en personeel het onlangs groot pret gehad tydens hul gewilde Kaskardag en -kermis.

Elke leerder het vooraf ‘n borglys ontvang en het hard gewerk om soveel moontlik borge te kry. Ouers, vriende, grootouers en bekendes het hul harte en beursies oopgemaak. Die fondsinsamelingsprojek het gestrek van die begin van Junie tot aan die einde van Julie, en die kaskarkermis is Ram se grootste fondsinsamelingsgeleentheid. Die bedrae op die borglyste is getel en die wenners is Maandag 21 Augustus in die skoolsaal aangekondig.

Leerders wat die meeste geld ingesamel het, is beloon met pragtige pryse. Al die leerders wat ekstra hard gewerk het en meer as R1 000 ingesamel het, is met ‘n hamburger en ysdrankie beloon.

De Wet Kriel en Jason le Roux stoot vir Zianell Smuts in die kaskar. (Gr.3).

“Tydens die kermis het die ouers en leerders kaskar gery, blikkiestorings gebou en lekker geëet. Die dag het afgeskop met ‘n uitdaagwedren tussen die top bestuur, waartydens Leon Haupt (skoolhoof), Francois Coetzee en Diane Matthews almal gewys het hoe om ‘n kaskar te ry. Francois het die wedren uiteindelik gewen,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

Annie het ook vertel dat die kaskarbaan dié keer ‘n groter uitdaging gebied het en vele hindernisse gehad het. Leerders het in klasverband teen die ander klasse in hul graad deelgeneem.

Die ouers van die leerders was ook betrokke by die pret en het die kaskarre gestoot. Baie van ouers het hul tekkies aangetrek en saam gehardloop.

Die voogklasse het hard gespook en mekaar behoorlik laat les opsê om te sien wie die wenners gaan wees. Die wenklasse gaan op ‘n uitstappie na Maropeng terwyl die tweede plekke almal ‘n hamburger kry en die derde plekke elk ‘n ysdrankie.

Annie wat aan die hoof van die fondsinsameling gestaan het, bedank ‘n ieder en ‘n elk wat by die projek betrokke was.

“Dis ongelooflik om te sien hoe goedgesind Randfontein die skool is. Ten spyte van ‘n stil ekonomie het mense ons ondersteun,” het Annie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button