Leer ‘n Teiner ken #30 – Francois Pretorius

Die 30e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Die Herald het Dinsdag (22 Augustus) in die 30e aflewering van die reeks Leer ‘n ‘Teiner ken vir Francois Pienaar, 37, ontmoet.

Francois werk by die Ben Morgenrood-groep as vlootverkoopskonsultant, maar dis nie al nie. Hy het ‘n sangtalent wat hy nie gaan prysgee nie.

Francois is gelukkige getroud met Maryna Pretorius en woon die afgelope twee jaar in Randfontein.

Hy is ‘n aantal jare gelede deur diep waters nadat hy met kanker gediagnoseer is. “Ek is gelukkig al vir ‘n hele paar jaar skoon,” het Francois met ‘n glimlag gesê.

Nadat hy gediagnoseer is, het hy besef dat mens nie jou talente moet weggooi nie en het voortgegaan om sy droom te bewaarheid. Francois is ‘n mens met selfvertroue en wil ‘n groot sukses van sy sangloopbaan maak.

Francois het ook gesê dat hy nooit sal nee sê vir ‘n smullekker pizza nie. Sy droomvakansiebestemming is Rio de Janeiro.

 

Exit mobile version