Local newsNews

Sy leef vir haar gemeenskap

Koekoes se daaglikse behoefte is om die gemeenskap te help.

Koekoes Cordier, 63, is nie iemand wat hou van stilsit nie. Waar sy gaan raak sy mense se harte aan met haar goedheid.

Koekoes woon al 22 jaar lank in Randfontein. Sy is getroud met ‘n bekende dominee in die gemeenskap en hulle is saam die trotse ouers van vier kinders en drie kleinkinders. Weens haar groot liefde vir mense is sy so veel as moontlik betrokke in die gemeenskap.

“Mense gee my energie,” het Koekoes gesê.

Sy is die projekbestuurder van die niewinsgewende organisasie, Open Door Foundation, wat druppels uit die sakegemeenskap, kerke, plaaslike regering en gemeenskappe in ‘n stroom kanaliseer om kinders se lewens vir altyd te verander. Die organisasie sien die leemtes in die gemeenskap raak en probeer dit aanvul.

Geen uitdaging is vir haar te groot nie en sy doen niks halfhartig nie. Een van haar take is om fondse vir die organisasie te genereer sodat hulle kan aanhou om ‘n verskil in minderbevoorregte kinders se lewens te maak.

Koekoes is ook ‘n kunstenaar. Sy hou daarvan om haar kreatiwiteit te toets, te verf, te stap, in die tuin te werk en om vakansie te hou.

Sy sal graag oor tien jaar as afgetredene in hul huisie by die see woon.

“Ek glo ‘n ander deur sal daar vir my oopgaan om by die gemeenskap betrokke te raak omdat daar orals in die wêreld mense in nood verkeer,” het Koekoes gesê.

Sy het vertel dat die gemeenskap, haar familie en haar span wat saam met haar werk haar dryfkrag gee.

Koekoes wil graag ander aanmoedig om betrokke te raak by projekte en niewinsgewende organisasies om mense in nood te help.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button