Local newsNews

Abakus-leerders is Einsteins in wording

Talle leerders het onlangs aan die Abakus Wiskundekompetisie deelgeneem en uitgeblink.

Jonathan Arlow, 8, en sy broer Jaden, 4, is twee van talle leerders wat onlangs aan die Abakus Wiskundekompetisie deelgeneem en uitgeblink het.

Sunel Arlow, 34, die wiskundeboffins se ma, is self ‘n Abakus-wiskundeonderwyser en het die Herald vertel hoe goed al haar leerders gevaar het. Hulle is van skole soos Ramkiekies Pre-Primêr, Laerskool Rapportryer, Little Snails en Little Angels, om net ‘n paar te noem.

Die top presteerders was Jaden, Liyana Khan en Kaylynne Hauptfleish. Die kampioentrofee is aan Jonathan toegeken terwyl EJ Hattingh en Jo-marie Lyons met silwermedaljes om die nek teruggekeer het.

Bronsmedaljes is aan Mila Labuschagne en Michandri Cloete toegeken. Die Abakus-wiskundespan is baie trots op elke leerder.

Jonathan, ‘n Rappies-leerder, is genooi om op 1 Oktober aan die 2017 Bangkok Global Association of Japanese Soroban and Mental Arithmetic- (GAJMA-) kompetisie in Thailand deel te neem.

Hy het klaar sy hemp vir die kompetisie in Bangkok ontvang en is baie opgewonde.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button