Golden Jewels-klub ‘n bietjie bederf

Lede van klub vir vroue ouer as 60 wys tydens 'n gesellige byeenkoms in Homelake dat hul die lewe geniet.

Die Toekomsrus Golden Jewels-klub het Woensdagoggend (16 Augustus) in Homelake bymekaargekom vir ‘n lang verwagte uitstappie.

Dié gesellige byeenkoms was by Grootjie se Kombuis waar hulle ‘n heerlike ontbyt geniet het – ook as deel van Vrouedag.

Die dames kuier gesellig om die ontbyttafel by Grootjie se Kombuis.

Kathy Solomons, stigter van die klub asook Bridgette Conhood, die projekbestuurder het die geleentheid gereël.

“Ons visie is om ‘n geleentheid te skep waar bejaarde mense die lewe nog kan geniet en met waardigheid, gelykheid en vry van geweld en sonder uitbuiting kan lewe,” het Kathy vertel.

Sy werk by die kliniek in Toekomsrus en hierdie klub is een van haar projekte.

Sy het ook gesê dat hulle missie verder is om die lewenskwaliteit van die bejaardes te verbeter, hul selfbeeld te herstel en te laat besef dat hulle ook die vryheid het om te kan kies.

Die klub bestaan al 11 jaar en hul lede is 60 jaar en ouer. Hulle bly almal in Toekomsrus en kom elke Maandag, Woensdag en Vrydae daar bymekaar. Van hulle het nog hul mans, maar die meeste bly by hul kinders en kleinkinders.

Elizabeth Stevens het die ‘Woman of the Year’-toekenning ontvang.

Elizabeth Stevens het onlangs verjaar en is baie bly om nou ook deel te wees van die klub. Evengiline Maegar, 88, is die oudste lid.

“Baie van die lede kom verskriklik min uit. Ek het een lid, Violet Rabie, vanoggend help aantrek. Dit was vir my baie emosioneel om te sien hoe opgewonde sy oor die geleentheid,” het Kathy bygevoeg. Die klub het baie ander avonture beplan en hulle was selfs al in Durban, het sy gesê.

Die dames sal dié gesellige oggend nie gou vergeet nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version