Local newsNews

Biblioteek steeds toe na maande se ‘herstelwerk’

Volgens dié kennisgewing sou die biblioteek weer sy deure op 31 Maart 2017 open.

Op 6 Maart vanjaar het die nuwe Venterspos-biblioteek ‘n kennisgewing op hul ruit geplak wat die gemeenskap ingelig het oor opknappingswerk wat sou plaasvind. Die biblioteek is op 28 Oktober 2014 amptelik deur die LUR vir Sport, Kuns en kultuur en Ontspanning.

Meer as vyf maande later is die einste biblioteek steeds toe, al het die kennisgewing aangedui dat dit weer van 31 Maart 2017 af sou oop wees vir die publiek.

Groot verwagting is geskep en veral kinders in die omgewing was destyds baie opgewonde om in die nuwe gebou te kon huiswerk en navorsing doen. Skaars twee en ‘n half jaar later is die deure gesluit.

Die Herald het die biblioteekgebou besoek en dit in ‘n uitstekende toestand aangetref. ‘n Sekuriteitswag wat die perseel beman het gesê dis gesluit omdat opknappings gedoen moet word. Daar was boumateriaal in die gebou, hoewel die gebou in ‘n goeie toestand was.

DA-raadslid Gerhard Kruger het aan die Herald gesê, “Ek voel die biblioteek wat gesluit is, ontneem die kinders en ook die gemeenskap van verskeie hulpmiddele. Die naaste biblioteek is die een in Westonaria.” Die biblioteek het volgens Gerhard aktiewe lede gehad en die leerders van Laerskool Vensterspos het die fasiliteite gereeld gebruik.Waarom die biblioteek nie volgens skedule heropen is nie, is ‘n groot raaisel wat Gerhard wil oplos.

“Die DA onderneem om druk op die betrokke partye uit te oefen totdat die biblioteek weer ten volle funksioneer,” het Gerhard belowe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button