Babastoeltjies op winkeltrollies onveilig – ma na baba uitval

Ma waarsku oor winkelwaentjies na baba val.

Jeanmarie Davis, 23, se gewone besoek aan ‘n winkel een Saterdagmiddag het byna in ‘n tragedie ontaard.

Haar 10-maande-oue babadogtertjie het glo uit ‘n ‘onveilige’ babastoeltjie geval wat op ‘n winkeltrollie gemonteer is.

Davis het aan die Herald verduidelik dat sy, haar dogtertjie, vierjarige seun en ander familie ‘n groot kettingwinkel besoek het. Daar was glo ‘n item teen ‘n spesiale prys, en die winkelpersoneel en klante het tegelyk geskarrel om dit in die hande te probeer kry.

Davis het vertel dat binne die bestek van ‘n sekonde terwyl sy na die item gekyk het, sy gehoor het hoe haar dogter uit die stoeltjie op die vloerteëls val. “Dit het so vinnig gebeur dat toe ek haar optel, het sy begin skreeu,” het Davis gesê. Ma en dogter was toe albei in trane.

“Ons het al voorheen by dié en ander winkels besef dat sommige van die babastoeltjies op die winkeltrollies onveilig is. Die bande spring gereeld oop of is stukkend,” het sy vertel.

Die gesin het nie ‘n mediese fonds nie en het eers om 5.30nm by ‘n kliniek geholpe geraak. Die klinieksuster het hulle gerusgestel dat haar dogtertjie gelukkig nie ernstig beseer is nie, maar dat sy haar toestand moes dophou.

Davis het gesê dat die eienaar van die kettingwinkel haar dadelik om verskoning gevra het en dat ‘n epos oor die voorval aan hul hoofkantoor gestuur is.

Davis het verduidelik dat sy haar storie vir die Herald vertel om ander ouers te herinner dat hulle altyd moet seker maak dat die babastoeltjies op die winkeltrollies in ‘n goeie werkende toestand en veilig is om te verhoed dat ‘n kind ernstig seerkry.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version