Local newsNews

Leer ‘n Teiner ken #29 – Sunel Arlow

Die 29e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n ‘Teiner Ken’-veldtog voorgestel.

Die Herald het Dinsdag (15 Augustus) in die 29e aflewering van die reeks Leer ‘n ‘Teiner ken vir Sunel Arlow, 34, ontmoet.

Sunel woon al nege jaar in die dorp. Sy is ‘n trotse vrou asook ma van twee seuns. Sy is ‘n gebore onderwyser.

Sunel is die eienaar van ‘n wiskunde-franchise en staan in die gemeenskap bekend as die Wiskunde-tannie. Sy het ‘n groot passie en liefde vir kinders, daarom het sy besluit om elke dag met kinders te werk.

Haar gunsteling eetplek in Randfontein is die Spur omdat hulle heerlike vermaak vir haar kinders verskaf. Sy is ook baie beïndruk met die nuwe Tambotie-winkelsentrum.

Haar toekomsdroom is om deur haar Wiskunde-klasse so ‘n groot verskil as moontlik in die lewens van kinders tussen die ouderdom van vier en 12 te maak.

Sunel het aan die Herald vertel dat Wiskunde haar slimmer en wyser gemaak het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button