NewsSchools

Ram se o.9-skaakspan tops in die distrik

Ram se o.9-skaakspan is onlangs as distrikwenners gekroon.

Laerskool Randfontein beleef tans ‘n fantastiese skaakseisoen.

Die o.9-skaakspan, wat bestaan uit Christiaan Nolan, Magdaleen Ernst, Armand Maartins, Heinrich Obermeyer, Drickus Kruger en Dylan Botha, het hul liga gewen asook hul D2-kleure verwerf.

“Dit was ‘n baie lang dag met baie wedstryde teen die beste skole in die D2-distrik by Laerskool Bekker in Magaliesburg. Rammies het hul goed van hul taak gekwyt en al wat jy gehoor het was ‘skaakmat’,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Hierdie besonderse groep leerders het aan die einde van die dag as wenners uit die stryd getree. Hulle het elk ‘n gouemedalje ontvang en hul D2-kleure verwerf.

Annie het aan die Herald vertel dat Ram-leerders wat distriks- of provinsiale kleure verwerf het, dit elke Vrydag skool toe mag dra.

Magda Graaff, afrigter van die skaakspan het gesê dit is die eerste keer in 17 jaar dat ‘n Ram-skaakspan so ‘n prestasie behaal.

“Die hoof en al die Rammies is besonder trots op die leerders en weet dat ‘n blink toekoms in dié sport op hulle wag. Dit is ‘n besonderse prestasie in skaak om met die titel as D2-wenners te kan spog.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button