MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Publiek verontrief deur beskadigde plaveistene

Los en beskadigde plaveistene veroorsaak ongerief vir 'n besigheid en sy klante in Randgate.

Los en beskadigde plaveistene veroorsaak ongerief vir ‘n besigheid en sy klante in Randgate. Dit is die fokus vir hierdie week se #MunisipaleMaandag.

Steyns Boerebenodighede is ontevrede omdat vragmotors glo die plaveistene beskadig. Volgens Bafana Motsamai, bestuurder, word die plaveistene gereeld reggemaak maar vragmotors vernietig dieselfde plaveistene weer binne enkele dae.

Raadslid, Sina Erasmus.

Sina Erasmus, raadslid in die area het vertel dat sy die stukkende plaveistene gereeld moet aanmeld. Die munisipaliteit doen dan die herstelwerk, maar volgens haar nie soos dit moet nie.

“Dit lyk of die munisipaliteit net bakstene bo-oor lê en nie die regte materiaal gebruik om die stene stewig in posisie te hou nie,” het Bafana gesê.

Hy is egter bekommerd omdat klante oor die stukkende plaveistene kla en dat dit parkeerplek opneem. Dit veroorsaak dus ongerief vir die besigheid en sy klante.

Sina het bygevoeg dat niemand daar kan loop nie en dat iemand ernstige beserings daar kan opdoen.

Bafana Motsamai, Bestuurder van Steyns Boerebenodighede.

“Ek stel voor dat daar pale geplant word om die vragmotors weg te hou,” het Bafana gesê.

Bafana voel dat die munisipaliteit gou ‘n langtermynoplossing behoort te vind om te verhoed dat die besigheid klante verloor.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button