OPVOLG: Teddy Bear kliniek neem stappe

"Ons is baie kwaad en teleurgesteld," sê Steenkamp.

Na aanleiding van die opspraakwekkende besoek van die Teddy Bear Clinic (TBC) aan Laerskool Rapportryer op Maandag, 31 Julie, het die TBC amptelik terugvoering gegee.

Elizabeth Steenkamp, die projekbestuurder en maatskaplike werker van die TBC het dadelik gereageer toe die Herald haar telefonies ingelig het oor die ontevredenheid onder die ouers nadat TBC-personeel ‘n aanbieding oor kindermishandeling, insluitend molestering, aan al die leerders gedoen het.

Lees die oorspronklike artikel hier: Ouers omgekrap oor aanbieding by skool

Steenkamp het dadelik ‘n afspraak met die skoolhoof, Carel Stoop gemaak en hom op 4 Augustus besoek om die situasie te bespreek.

Nie lank daarna nie het TBC op dieselfde webblad waarop die ouers en skool oor die onaangename onderwerp gekommunikeer het, terugvoering gegee.

Steenkamp het gesê dat nadat sy en Stoop die saak bespreek het, daar ‘n vergadering met die betrokke personeel van die TBC gehou is. Daaruit het dit geblyk dat die gedragskode oortree is en dat die minimum standaarde nie gehandhaaf is nie. Steenkamp het verder gesê dat die kliniek al meer as 31 jaar kinders inlig en bystaan, en dat hierdie die eerste geval van so ‘n aard is.

“Ons is baie kwaad en teleurgesteld,” het Steenkamp gesê. Sy het verder gesê dat die organisasie besluit het om die betrokke personeel se poste dadelik op te skort en dan die voorskrifte van die toepaslike arbeidswette te volg.

Daar sal ook ‘n dissiplinêre verhoor gehou word en Laerskool Rapportryer sal ingelig word oor die uitslag daarvan. Die TBC verstaan dat die kinders getraumatiseer is en daarom sal die kliniek gratis traumaberading aanbied vir kinders wat dit nodig het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Exit mobile version