Juanita se kinders besoek Riebeeck

Kinders van die bekende kunstenaar Juanita du Plessis het onlangs vir Hoërskool Riebeeckrand kom kuier

Franja du Plessis en Ruan Josh, kinders van die bekende kunstenaar Juanita du Plessis, het onlangs vir Hoërskool Riebeeckrand kom kuier.

Volgens die skool het die sangers gratis opgetree om hul CD’s aan leerders bekend te stel.

Franja du Plessis en Ruan Josh tydens hul besoek by Riebeeckrand. Foto ingestuur.

Vir Riebeeck was dit beslis ‘n besonderse manier om die derde kwartaal af te skop.

Na afloop van die vertoning het die leerders selfies saam met dié bekendes geneem en tou gestaan om ‘n handtekening by elkeen te kry.

“Riebeeckrand het die vertoning vreeslik geniet en ons hoop om weer in die toekoms saam met Ruan en Franja te kuier,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version