Local newsNews

Voorkoming van misdaad in R’fontein ‘n prioriteit

AfriForum sê misdaad kan voorkom word as die gemeenskap saamstaan.

Op Vrydag, 4 Augustus het ongeveer 48 voertuie in Greenhills saamgetrek om inwoners meer bewus te maak van misdaad in Randfontein.

Die voertuie was dié van gemeenskapslede en ‘n nasionale instelling wat vier maal per jaar kragte saamsnoer.

Matium van Vuuren spreek die gemeenskap toe.

Die AfriForum Randfontein-buurtwag het dié aand saam met verteenwoordigers van verskeie sekuriteitsmaatskappye – soos EPR, Mapogo a Mathamaga en Boz – en besighede by die Tambotie-winkelsentrum bymekaar gekom waarna almal saam die dorp se strate gepatrolleer het. Die plaaslike polisie het die konvooi gelei. Verskeie GPF-sektore en ER24-paramedici was onder andere ook die aand betrokke.

“Die aand het vrugte afgewerp omdat daar geen insidente was nie behalwe vir verdagte voertuie en verdagte persone wat opgemerk is,” het Matium van Vuuren, voorsitter van die AfriForum-tak in Randfontein gesê.

Die doel van die buurtwag:

• Bewusmaking

• Misdaadvoorkoming

• Om gemeenskap bymekaar te bring

Daar is tot ongeveer 2vm die volgende oggend gepatrolleer, waarna worsrolle, sap, koffie en warm sjokolade aan die patrolleerders uitgedeel is.

“Enige lid van die gemeenskap kan deel word van die patrolleergroep,” het Matium gesê.

Matium glo dat misdaad voorkom kan word as die gemeenskap saamstaan. Almal word dus uitgenooi na die volgende buurtwaggeleentheid wat binnekort sal plaasvind.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button