Local newsNews

#Vrouedag: Mamma-oggend ‘n sukses

Nagenoed 200 vroue het die sukses verseker van die Randfontein Mamma-oggend in Loumarina en besluit om hul winste vir liefdadigheid te skenk.

Nagenoeg 200 ma’s het die mamma-oggend met die tema ‘Om weer te begin’ die afgelope Saterdag (5 Augustus) by Vredenvlucht Koffiewinkel en Deli in Loumarina bygewoon.

Volgens Jolandi Dreyer, die organiseerder, was die doel om mammas bymekaar te bring terwyl plaaslike kleinsakevroue die geleentheid gegee word om hulle produkte en dienste uit te stal. Sy het verder verduidelik dat die geleentheid winsgewend was, daarom het die vroue besluit om al hul wins vir liefdadigheid te skenk.

Die vier niewinsgewende organisasies wat daarby gebaat het, is Just In Time Baby Sanctuary, Living Links Wellness, Door of Care and Safety, en Open Door Foundation.

Bianca Hein, Sandra Woodcock en Geraldine Steyn van Cartridge Cave.

Johan van der Merwe, een van die top drie finaliste van die SA Bachelor en Bachelorette-kompetisie en eienaar van Vredenvlucht het dié oggend ‘n kuns- en wynveiling gehou ten bate van Childhood Cancer Foundation (Choc).

Die gasspreker was Mnr Suid-Afrika 2015/16, Armand du Plessis. Trinity Dance Company asook Cairo Moon Belly and Greek Dance het die mammas vermaak met hulle asemrowende bewegings.

Die volgende Mamma-oggend word beplan vir Maart 2018.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button