Voormalige Glenharvie-inwoner ‘n Mnr SA-finalis

Sy ondervinding in onderwys kan 'n bate in die akademiese sektor wees en hy kan 'n stem vir kinders wees.

Voormalige Glenharvie-inwoner Jacob Bronkhorst, 28, is ‘n finalis in die Mnr Suid-Afrika-kompetisie.

Jacob het in Glenharvie grootgeword en sy skoolloopbaan aan Hoërskool Westonaria voltooi.  Hy het aan die Universiteit van Suid-Afrika studeer en ‘n graad in onderwys behaal. Hy was voorheen ‘n onderwyser by Hoërskool Riebeeckrand.

Jacob is ook ‘n spraak- en oudiologieterapeut, ‘n gekwalifiseerde en geregistreerde MIV/ Vigs-raadgewer en die eienaar van Study-on Tutoring Agency.

Sy gunsteling aanhaling is, ‘’Keep your eyes on the stars and your feet on the ground, be fearless in pursuit of whatever sets your soul on fire’’.

Jacob het vertel dat pasta sy gunsteling kos is en dat niemand sy ma se bobotieresep kan verbeter nie. Hy is gaande oor Fizzer-lekkers.

“Ek hou van swem, lees, kook en enigiets wat avontuur behels,” het Jacob gesê.

Jacob glo dat hy Suid-Afrika op verskeie vlakke sal kan verteenwoordig.

Hy is ‘n baie eerlike persoon en pak alles ten volle aan. Sy sterk geloof dra hom en hy het ‘n groot passie vir kinders. Volgens Jacob is hy ‘n gebore leier en glo dat ‘n fout nie ‘n fout is as jy iets daaruit kan leer nie.

Jacob voel dat hy baie kan bydra tot die Mnr Suid-Afrika titel.

“Ek sal myself toewy aan my land terwyl ek poog om goed te doen waar ek gaan,” het Jacob vertel.

Jacob het vertel dat sy ondervinding in onderwys ‘n bate in die akademiese sektor kan wees en dat hy ‘n stem vir kinders kan wees.

Eienskappe wat ‘n Mnr Suid-Afrika moet hê:
• Trots Suid-Afrikaans
• ‘n Goeie leier
• Inspirerend
• Respek vir jouself en ander
• Nederigheid

Vir Jacob is dit belangrik om nooit te vergeet waar jy vandaan kom en wat jou as mens gevorm het nie. Die nuwe Mnr Suid-Afrika word in November aangekondig en Jacob nooi graag die gemeenskap uit om vir hom te stem. SMS: MRSA036 na 47439. Elke stem kos R3.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version