Local newsNews

Drie herlewingsdienste by kerk

Die hele gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van 'n dienservaring oor drie dae by AGS Groen Weivelde.

Die AGS Groen Weivelde bied van Sondag (6 Augustus) af spesiale dienste aan. Die hele gemeenskap word uitgenooi om te deel in die ervaring.

Die herlewingsdienste sal van 6 Augustus tot 8 Augustus deur pastoor Hennie Jacobs by die kerk aangebied word. Die tema is ”n Beslissende oomblik’.

Die subtemas vir die dienste:

• Verwoes alle tekort en te min in elke area van jou lewe

• Hoe om die vuur en die reën in jou lewe te aktiveer

Die diens begin Sondag om 6nm, en om 7nm op Maandag en Dinsdag.

• Navrae: Vir meer inligting, skakel 011 692 3880 of 076 695 0315.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button