NewsSchools

Veels geluk liewe Ram, omdat jy verjaar, 80!

Die hele gemeenskap word uitgenooi na Laerskool Randfontein se 80ste verjaarsdagvieringe hierdie Saterdag, 5 Augustus.

Laerskool Randfontein vier vandag, Donderdag, 3 Augustus sy 80e verjaarsdag.

Die skool is op 3 Augustus 1937 geopen en is ‘n skool met trots. Die leerders presteer in akademie, sport en kultuur, en die hele skool toon welwillendheid teenoor die gemeenskap.

Volgens die skool gaan hulle vandag 80 ballonne die lug instuur.

Op Saterdag, 5 Augustus word die hele gemeenskap – oud en jonk, familie, vriende en kennisse – uitgenooi na ‘n fees om die spesiale dag te vier. Dit beloof om groot pret te wees. Franja du Plessis, Tanya V en Dirk van der Westhuizen gaan optree. Ander bekende kunstenaars, akteurs en oud-Rammies sal ook gedurende die dag te sien wees. Daar gaan ‘n talentkompetisie gehou word, en daar is springkastele om op te baljaar, en stalletjies wat allerhande interessanthede gaan aanbied.

Daar sal ook ‘n bring-en-braai wees. Dié wat wil saam braai word gevra om hul eie vleis en kampstoele te bring. Rammies voorsien die bygeregte.

Die feesdag skop af om 12-uur die middag. Vir die rugbyaanhangers wat nie ‘n sitplek op Ellis Park kon kry nie sal die Super Rugby-eindstryd op ‘n grootskerm gebeeldsend word.

Rammies sien uit om almal daar te sien.

Program vir die dag:

• Talentkompetisie – 12nm tot 5nm

• Stalletjies – 12-uur die middag tot laat

• Gaskunstenaars – 5nm tot 9nm

• Braai – 5nm tot laat

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button