Local newsNews

Byna 400 by Bingo-aand

Nagenoeg 400 mense, waaronder inwoners en ander bekendes het Connie Mulder se Bingo-aand bygewoon.

Daar was vet pret tydens Connie Mulder Sentrum se gewilde Bingo-aand verlede Vrydag, 28 Julie. Dit was ‘n fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die inwoners van die Sentrum.

Nagenoeg 400 mense, waaronder inwoners en ander bekendes het die funksie bygewoon, vol hoop om groot pryse los te slaan. Die kaartjies was al ‘n hele rukkie voor die tyd uitverkoop.

Ivan Solomon is bekend vir die Bingo-aande wat hy aanbied.

Peter Dick en Sina Erasmus van die Demokratiese Alliansie (DA), en Marcelle Mans van die Randfonteinse Publisiteitsvereniging, het onder andere pryse geskenk. Vernon Woods, ‘n getroue borg van die Bingo-aand, was ook daar.

Die pryse het ‘n drienag-bootreis na die Portugese Eilande, ‘n vakansie vir ses by die Umzumbe Chalets en ‘n vakansie vir vier mense by een van die ATKV se vakansie-oorde ingesluit.

Bekende gesigte het hier en daar opgeduik, soos Laerskool Randfontein se hoof, Leon Haupt, Eddie Krog en Peter Dick van die DA, EPR se Mac van Zyl, Matium van Vuuren van AfriForum, landdros Elbie Botha en natuurlik ook dominee Johan van der Merwe van die Lewende Nuwe Generasie Kerk. Daar was selfs drie jong manne wat al die pad van Bryanston af kom inloer het. Nog vele ander bekendes het die aand saam met die gemeenskap geniet.

Magdaleen Dick en haar man, DA-raadslid Peter Dick.

Ivan Solomon het die Bingo aangebied en die heel eerste wenner was die gelukkige Chané Johannes. Al die wenners se name sal in die volgende uitgawe van die Herald verskyn.

Dit was ‘n baie gesellige aand maar die heel belangrikste is dat Randfonteiners weer hulle harte oopgemaak het vir die inwoners van die Connie Mulder Sentrum.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button