Rommel in Helikonpark: Raad weet wie die morsjorse is

Rommel hoop oral in Randfontein op, en die raadslid glo hy het agter die kap van die byl gekom.

Na nog klagtes oor rommel het die Herald agter die kap van die byl gekom.

Op 27 Julie is daar berig dat Middelvlei deur rommel oorgeneem word, maar dit is nie die enigste plek waar die probleem voorkom nie. Verskeie inwoners is genader om rommelprobleemareas in Randfontein te identifiseer, en Helikonpark is onder andere genoem.

Arendrylaan is al meer as 10 jaar lank ‘n kopseer vir inwoners en die reuk wat daar hang is iets afskuwelik.

Volgens raadslid Craig Harrison word onder andere boumateriaal, huishoudelike goedere en selfs dooie diere daar weggegooi. Hy het gesê dit word gereeld by die munisipaliteit aangemeld, maar die rommel is skaars opgeruim of die morsjorse is terug.

“Die munisipaliteit kan nou skoonmaak en oor ‘n uur of twee lyk dit weer net so erg,” het Craig gesê.

Hy het vertel dat inwoners in die omgewing gereeld kla en ongelukkig voel.

Tydens die Herald se besoek aan die area het Craig ‘n munisipale rekening van ‘n plaaslike inwoner tussen die rommel gekry.

“Ek weet wie se rommel word hier gestrooi, want ek het nou bewyse. Ek gaan die inwoners aanspreek,” het Craig gesê.

Craig doen ‘n beroep op die gemeenskap om nie rommel onwettig te strooi nie en dit eerder na die toegewese stortingsterreine te neem.

Volgens Craig kan die rommelprobleem ‘n negatiewe uitwerking op die voëlpark hê wat binnekort sy hekke gaan open.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version