MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Spoedhobbels genoeg om 17 jaar se ongelukke te stop?

Gaan die nuwe spoedhobbels in Angelierstraat 'n einde aan 17 jaar se gru-ongelukke bring?

Sewentien jaar lank kan Homelake-inwoner Ann Bezuidenhout al getuig van die gru-ongelukke wat in Angelierstraat plaasvind.

Sy hoop dat die nuwe spoedhobbels die probleem gaan stopsit.

Vir dié week se #MunisipaleMaandag het die Herald met Ann in dié probleemstraat gaan gesels.

Volgens Ann was daar nagenoeg vyf ongelukke binne ‘n jaar voor haar huis omdat motoriste Angelierstraat as ‘n renbaan gebruik, ten spyte daarvan dat skoolkinders en studente diĂ© besige straat gebruik. Sy voel dat diĂ© leerders se lewens in gevaar is.

“Ek is gereeld in kontak met Ann en na die voorvalle het ons vir spoedhobbles gevra,” het raadslid Craig Harrison gesĂª.

Nadat versoeke meer as ‘n jaar lank gerig is, het die munisipaliteit op Woensdag, 26 Julie drie spoedhobbels oor ‘n afstand van ‘n kilometer gelĂª. Ann was baie opgewonde en het vertel dat dit alles te danke is aan Craig wat die gemeenskap se belange op die hart dra.

“Baie mense sĂª Randfontein gaan agteruit, maar ek voel dat die dorp besig is om vooruit te gaan,” het Ann gesĂª.

Ann kon haar opgewondenheid nie beteuel nie en het op een van die spoedhobbels gaan lĂª en haar dankbaarheid uitgebasuin.

Craig het aan die Herald vertel dat hy reeds ‘n versoek aan die Verkeersdepartement gerig het om die spoedhobbels te verf en om waarskuwingstekens op te rig.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button