Mangat by skool: Leerders se lewens in gevaar

Pasop ouers – Vermy asb hierdie mangat by skool wat 'n gevaar is vir jou kinders.

Leerders se lewens is in gevaar omdat die deksel van ‘n mangat buite Laerskool Randfontein gesteel is.

Die skool asook ouers is bitter bekommerd oor leerders se veiligheid. Die skool meld glo die probleem vir meer as twee jaar lank gereeld aan, maar niks word daaraan gedoen nie.

Chris Jacobs help ‘n leerling uit die mangat.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder moet hulle die gevaarlike mangat tydens sportgeleenthede toegemaak omdat hulle vrees dat iemand daar gaan seerkry.

Die Herald het DA-raadslid Ellik de Lange genader, wat gesê het, “Ek het die gat al by die munisipaliteit aangemeld en ook die gevaar daarvan uitgewys. Die munisipaliteit is bewus van die probleem.”

Volgens Ellik is die diefstal van mangatdeksels ‘n groot probleem in Randfontein en vir inwoners wat dit gereeld – soms tevergeefs – moet aanmeld.

Hy vermoed dat die deksels aan ‘n skrootwerf verkoop word.

“Lyk vir my daar word gewag dat iemand seerkry of sterf voor die munisipaliteit die erns van die saak besef,” het Ellik gesê.

Die skool is besorg oor die moontlikheid dat ouers hulle gaan blameer indien ‘n leerder sou seerkry. Ram hoop egter dat die probleem spoedig opgelos sal word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version