Helikonpark-huisroof: Bejaarde paartjie glo vasgebind

'n Bejaarde man en sy vrou is glo vasgebind tydens 'n beweerde huisroof in Helikonpark die afgelope naweek.

‘n Bejaarde paartjie is na bewering die afgelope naweek vasgebind tydens ‘n huisroof in Helikonpark.

Die Herald is Maandag (31 Julie) ingelig dat die voorval die vorige Vrydag, 28 Julie omstreeks 7.30nm plaasgevind het.

Volgens ‘n betroubare bron het vier aanvallers die huis geteiken.

Lees ook: Bejaarde paartjie aangeval, aangehou vir twee ure

Die bejaarde man was glo op pad winkel toe om lekkers vir sy kleinkinders te gaan koop toe ‘n motor onverwags by hul huis stilhou. Vier aanvallers het die man glo in die huis teruggedwing waar hulle hom en sy vrou met kabelbinders vasgemaak het. Die vermoede dat die egpaar se kleinkinders asook ander familielede ook tydens die voorval in die huis was, kon nog nie bevestig word nie.

Die bron het verder vertel dat die verdagtes Engels gepraat het en dat hulle wou weet waar die kluis is. Hulle het ook gevra hoeveel mense in die huis was. Daar is verder beweer dat toe een van die verdagtes in die gang afgeloop het, iemand anders – wat ook in die huis was – die paniekknoppie gedruk het.

Die verdagte het toe geskreeu, “She pushed the panic button!” waarna die aanvallers gevlug het.

Die Herald wag nog op amptelike polisiekommentaar, maar volgens ‘n lid van AfriForum se buurtwag het die aanvallers onder andere twee TV’s en selfone gebuit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version