Local newsNews

Lions help dagsorg warm hou

Krugersdorp Lions-klub skenk komberse aan die Rainbow Dagsorgsentrum in Hectorton.

Die Krugersdorp Lions-klub het op Donderdag, 27 Julie komberse aan die Rainbow Dagsorgsentrum in Hectorton geskenk. Dié Lions-klub probeer soveel moontlik vir die dagsorg skenk.

Randfontein-inwoner Helen van Drimmelen het die komberse namens die Lions-klub aan die kinders oorhandig.

Helen van Drimmelen van die Krugersdorp Lions-klub, gee vir Thato Adams sy kombers.

Tatum Solomons wat al 15 jaar by die sentrum werk, is die maatskaplike werker en projekbestuurder. “Ons is baie dankbaar vir die skenking. Dit raak maar koud hier en die kinders het dit baie nodig,” het sy gesê.

Toe Oratile Malatji en Thato Adams hul komberse ontvang het, het hulle geglimlag en selfs hande geklap.

Die Rainbow Dagsorgsentrum wat in 1996 ontstaan het, sien op die oomblik om na 40 kinders, waarvan die ouderdomme wissel van drie tot 18 jaar. Die kinders is almal fisies of verstandelik gestrem.

Van die kinders van Rainbow Dagsorgsentrum met Helen van Drimmelen ,Tatum Solomons en onderwyser Elsabe Tolmay.

Elsabe Tolmay, ‘n onderwyseres, het verduidelik dat daar twee groep kinders in hul sorg is. Die een groep kan die alfabet, vorms en syfers geleer word. Die ander groep is nie daartoe in staat nie, en word geleer hoe om afhanklik te wees, ontvang fisioterapie en word gestimuleer.

Daar is ses kinderoppassers wat met die kinders help en tydens die oorhandiging was dit duidelik dat hulle almal werklik vir die kinders omgee.

Die dagsorgpersoneel doen ook hul bes om kinders wat wel kan leer, voor te berei om na spesiale skole oorgeplaas te word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button