Local newsNews

Priester sterf voor sy 80ste verjaarsdag

Bekende Priester Willem Durand sterf kort voor sy 80ste verjaarsdag.

Die gemeenskap is in rou nadat alombekende Priester Willem Adriaan Durand gesterf het. Adriaan was bekend en geliefd in die gemeenskap, maar nou is sy plek leeg.

Adriaan is in 1981 in die Ou Apostoliese Kerk van Greenhills as priester ingeseën, waar hy die afgelope drie jaar Senior Burger Priester was. Op 12 Oktober vanjaar sou Adriaan sy 80ste verjaarsdag gevier het.

“Adriaan was ‘n rolmodel en ‘n voorbeeld vir almal wat sy pad gekruis het. Hy was nooit skaam of bang om die Naam van die Here te bely nie,” het Freda, sy vrou gesĂª. Sy het vertel dat hy opreg en vriendelik was, en altyd raad kon gee.

Adriaan word oorleef deur sy vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Brief van Freda:

“Aan my liefste engelhartjie. Baie dankie vir die voorreg om vir een jaar en vyf maande jou eggenoot te kon wees. Ek kon altyd op jou staatmaak. Jou lojaliteit was onverskuifbaar, iemand wat deeglik en rein van hart was. Ek het jou baie lief en sal jou mis. Vir altyd en ewig my engelhartjie. Jou eggenoot.”

Die familie wil graag almal bedank wat ‘n rol in Adriaan se lewe gespeel het en vir hul bystand in diĂ© moeilike tyd.

“Adriaan gaan gemis word,” het Freda gesĂª.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button