Local newsNews

Nóg ‘n berg voor klein Duncan

Die tweejarige Duncan Baker wat al baie deurgemaak het, moet nog 'n berg in sy lewe klim. Dié keer gee sy voetjie probleme.

Nog ‘n berg lê voor die tweejarige Duncan Baker wat in 2015 met ‘n gebreekte skedel gebore is. Hy het as gevolg daarvan reeds ‘n groot maar suksesvolle operasie ondergaan.

Marelize Baker, 22, sy ma, het vandeesweek vertel dat Duncan se linkervoet nou binnetoe trek wat veroorsaak dat hy nie gemaklik kan staan nie. Hoewel Duncan nog nie kan loop nie, kan dit veroorsaak dat dit vir hom nog moeiliker gaan wees om te loop.

Hier kan duidelik gesien word dat sy linkervoet binnetoe trek.

Duncan het in sy kort lewetjie al baie deurgemaak maar met die Herald se besoek het hy geglimlag – ‘n kenmerk van die klein vegtertjie.

Lees ook: Klein Duncan se reuse operasie

Hy is op 9 Julie 2015 op 38 weke in die Coronation Hospitaal (Rahima Moosa Mother and Child Hospital) gebore en het 2,9 kilogram geweeg. Marelize moes ‘n noodkeiser ondergaan omdat Duncan in die geboortekanaal vasgesit het.

“Die dokter het later vir ons gesê dat Duncan dringend geopereer moes word aangesien sy skedel sy breingroei belemmer het. Duncan het ook epileptiese aanvalle gekry,” het Chaun Baker, Duncan se pa vertel.

Daar is vir hulle gesê dat die moontlikheid dat die operasie sou slaag, net 50 persent was. Die familie se dankbaarheid was groot toe dit wel suksesvol was.

Die grootste probleem vir die familie wat groot finansiële druk ervaar is dat hulle nie vervoer of die geld het om Duncan die nodige hulp met sy voet te laat kry nie.

Die Baker-familie het ook reeds meer as ‘n jaar lank nie elektrisiteit nie.

Enigiemand wat die familie en veral klein Duncan kan help, word versoek om asseblief die Herald by 011 693 3671 te skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button