Man, 81: Pasop wie jy vertrou

'n Bejaarde man waarsku die publiek nadat hy glo R11 000 moes opdok vir die herstel van 'n elektriese motorhek.

Hercules Labuschagne, 81, het die Herald genader nadat hy na bewering meer as twee keer deur diensverskaffers ingeloop is.

Hercules het vertel hy moes onlangs meer as R11 000 opdok om sy elektriese motorhek te laat herstel, wat glo steeds nie werk nie. Die maatskappy het glo meer as 21 dae lank gesloer om die motor in ‘n werkende toestand te kry, maar dit het slegs twee dae gehou en weer gebreek.

Hercules wou nie hul volle rekening betaal nie, iets waaroor die ‘diensverskaffer’ glo nie in sy skik was nie.

“Die mense melk ons ou mense vir geld want hulle dink ons weet nie hoeveel goed kos nie,” het Hercules gesê.

Hy voel dat besighede wat ‘n diens lewer, soos TV-installeerders, elektrisiëns en boukontrakteurs ouer mense misbruik en inloop.

Hercules voel dat hy ander gemeenskapslede moet waarsku om nie diensverskaffers wat nie kan bewys dat hulle geskik vir die werk is, se dienste te aanvaar nie.

“Kry eerder iemand wat weet wat hy doen en wat ‘n kwalifikasie in die spesifieke veld het,” het Hercules gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version