Local newsNews

Spookhuisraaisel OPVOLG: ‘My seun is daar vermoor’

Daar is niks paranormaal omtrent die sogenaamde spookhuis in Homelake nie. Dit was twee jaar gelede die toneel van 'n tot nou toe onopgeloste moord.

Die Herald kon vasstel dat die huis by Godfreystraat 1 in Homelake die einste huis is waar ‘n familie aangeval en die man tragies voor sy sesjarige dogter vermoor is.

Marius Smit, wat glo ‘n private speurder was, is op 3 Julie 2015 doodgeskiet en sy pa gewond toe gewapende aanvallers die huis binnegestorm het. Die Herald het destyds berig dat Smit saam met sy familie aan tafel was toe hulle aangeval is. Hy is getref toe hy opgestaan het om die aanvallers te konfronteer.

Die voorkant van die huis volgens Google Maps in 2010 – vyf jaar voordat Smit daar vermoor is.

Die polisie het bevestig dat hulle ‘n saak van moord ondersoek maar dat geen verdagtes nog geĂ¯dentifiseer is nie.

Nou, twee jaar later staan die eens praghuis leeg met ongewenste elemente wat daar rondsluip. Dit is ‘n ernstige probleem vir die bure.

Op Maandag, 17 Julie vanjaar het Frik Gerber, wat in die huis langsaan woon, vertel dat die huis die afgelope twee maande gestroop is, dat dwelmhandel daar plaasvind en dat vreemde mense snags daar skuil. Frik het ontsteld vertel van die prostitute, onwettige immigrante en dwelmhandelaars wat hulle reg langs sy woning tuisgemaak het en dat dit vir hom en sy gesin steurend en ondraaglik geword het.

Oorspronklike Article: Spookhuisraaisel in Homelake

Fritz Smit, wyle Marius se pa het intussen tydens ‘n eksklusiewe onderhoud met die Herald vertel hoe hy dit vermy om verby die huis te ry omdat dit ou wonde oopkrap. Die familie voel ook dat hulle nie vrede in hul harte sal vind voor die huis nie gesloop of verkoop is nie.

Fritz Smit hou ‘n foto vas van hom en Marius.

Lees die Herald se 28 Julie-uitgawe vir die volledige onderhoud.

Ellik de Lange, raadslid in die area het vertel, “Die oorledene se vrou het met my kontak gemaak en gesĂª dat daar wel ‘n testament is en dat sy maandeliks met ‘n beleggings- en versekeringsmaatskappy daaroor kommunikeer.” Sy het glo tot Maart verlede jaar in die huis gewoon.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

 

Related Articles

Back to top button