Leer ‘n Teiner ken #25 – Alicia Nel

Die 25e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

Die Herald het Dinsdag (18 Julie) in die 25e aflewering van die reeks Leer ‘n ‘Teiner ken vir Alicia Nel, 24, ontmoet.

Alicia is in Randfontein gebore en het hier grootgeword. Alicia se hele gesin en familie woon in die dorp en vir haar is Randfontein ‘n ‘lekker dorp’.

Randfontein is my gemaksone. Die dorp is al wat ek ken,” het Alicia gesê.

Alicia het aan die Herald vertel dat die gemeenskap haar as ‘n persoon ken wat altyd ander wil help. Haar stokperdjies sluit in hekel, brei, naaldwerk en enige ander aktiwiteite wat haar kreatiwiteit kan toets.

Haar gunstelling plek om te besoek is die nuwe Tambotie-winkelsentrum en sy eet graag by Mug and Bean en Wimpy.

Alicia het vertel dat vriende en familie haar ‘Allie’ noem en as sy vir haarself ‘n naam kon gee sou dit ‘Allie the All-rounder’ wees.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version