Local newsNews

AfriForum reageer na munisipale gebou geteiken is

AfriForum se Randfontein-tak veroordeel brandstigting en saakbeskadiging byn munisipale gebou verlede week.

AfriForum se Randfontein-tak het gereageer nadat die plaaslike munisipaliteit se gebou geteiken is.

Verlede Donderdag (6 Julie) is die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit se gebou in die sentrale sakegebied na bewering deur ontstelde werknemers van die munisipaliteit geteiken.

Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak het in ‘n verklaring gesê, “AfriForum glo dat gemeenskappe die reg het om protes aan te teken. Diensleweringskwessies lei daartoe dat mense al hoe meer gefrustreerd word. Die gemeenskappe is geregtig op munisipale dienste, aangesien munisipaliteite grondwetlik verplig is om hierdie dienste te lewer.”

Hy het verder gesê, “Alhoewel AfriForum gemeenskappe ondersteun wat vir hul regte opstaan, distansieer ons onsself van protesoptrede wat ontaard in brandstigting, saakbeskadiging en ander misdadige optrede.

“Gemeenskappe moet hulself organiseer en self hand aan die ploeg slaan eerder as om die situasie deur sulke optrede te vererger.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button