Leer ‘n Teiner ken #24 – MP Jamisi

Die 24e persoon in die Herald se gewilde ‘Leer ‘n Randfonteiner Ken’-veldtog voorgestel.

Die Herald het Dinsdag (11 Julie) in die 24e aflewering van die reeks Leer ‘n ‘Teiner ken vir MP Jamisi, 51, ontmoet.

MP is met Wendy Jamisi getroud en hulle het drie kinders. Hul jongste seun is ‘n jaar oud. Die gesin woon al sewe jaar in Randfontein en tans in Aureus. MP is in Noordwes gebore.

MP se gunsteling vakansieplek is Durban en hy smul graag aan pap en vleis.

“Ek is baie gelukkig om in Randfontein te woon. Dit is baie beter as ander dorpe.”

Die naam wat hy homself in Randfontein sou gee, is Jack of all trades. MP het ook van oor tot oor geglimlag toe die Herald ‘n video van hom geneem het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version