Local newsNews

Soutblok met Pakistan-oorsprong in R’fonteiner se besit

Jy sal nie glo watter gesondheidsvoordele die sout inhou en in watter vorme dit voorkom nie.

Meer as 250 miljoen jaar gelede het soutblokke aan die voet van die Himalaya-berge in Pakistan gevorm. Vandag is van die einste soutblokke in die besit van ‘n inwoner van Randfontein.

Johan Brits het ongeveer drie jaar gelede ‘n soutblok as geskenk gekry en verlief geraak op dié wonderlike natuurlike produk.

‘n Heerlike stukkie braaivleis op ‘n soutblok.

“As iemand jou die sout van die aarde noem, simboliseer dit goedheid en iets rein. Die soutblokke is presies dit,” het Johan gesê.

Johan het toe besluit om sy liefde met die gemeenskap te deel en daarom verkoop hy die soutblokke in sy vrye tyd.

Die soutblokke word gebruik om vleis op te braai, wat natuurlike geure vir die vleis verskaf. Sushi kan daarop bedien word en dit hou vrugte vars. Die sout word ook in verskillende produkte gebruik en verskillende items soos soutlampe, -bakke en -seep word daarvan gemaak. Soutlampe suiwer die lug deur bakterieë, stof en rook daaruit te filter.

Marko Birts geniet dit om die soutblokke te gebruik.

Die soutblokke hou glo boonop verskeie gesondheidsvoordele in:

• Bevat kalium, kalsium, kalium en ander minerale

• Voorkom velsiektes

• Verminder verslawing

• Beheer bloeddruk

• Verminder kans om Alzheimer’s op te doen

• Beheer outisme

• Beheer sinus

• Verminder allergieë

Dié sout help met spysvertering en beheer ook die liggaam se hidrasievlakke. Vir Johan is die sout iets baie spesiaal en hy raak skoon opgewonde as hy vertel hoe dié sout jou lewe kan verander.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button