Local newsNews

#Leer ‘n Teiner ken 23 – Charisma Heunis

Die 23e persoon in die Herald se gewilde 'Leer 'n Randfonteiner Ken'-veldtog voorgestel.

In hierdie week se gewilde #Leer ‘n Teiner ken het die Herald met skoonheidsdeskundige, Charisma Heunis kennis gemaak.

Charisma is 24 jaar oud en is ‘n Randfonteiner in murg en been.

Nadat sy vyf jaar lank skoonheid in Pretoria studeer het, het sy besluit om terug te keer na haar wortels. Sy is getroud, het een dogtertjie en baba nommer twee sal binnekort sy verskyning maak.

Haar passie is skoonheid en om ‘n goeie ma en vrou te wees. Haar groot droom is om vir haarself naam te maak in die skoonheidsbedryf en uiteindelik eendag die eienaar van haar eie salon te wees.

Charisma het altyd ‘n glimlag op haar gesig en hou daarvan om ander te laat lag. Vir haar is die lewe te kort om kwaad te bly. Sy het egter ‘n geheime talent – volgens ‘n vriendin klink sy net soos die bekende sangeres Riana Nel as sy sing.

“Die meeste mense ken my as Snip omdat ek so baie praat en baie grappies maak,” het Charisma gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button