Local sportNewsSchoolsSport

Drie Rappies gaan Ierland toe vir rugby

Rappies in hul noppies na die aankondiging dat drie van hul rugbyspelers in Ierland gaan toer.

Drie rugbyspelers van Laerskool Rapportyer gaan aan die einde van die jaar in Ierland toer.

Hulle was reeds deel van ‘n suksesvolle rugbytoer gedurende die April-vakansie in Klerksdorp.

Volgens die skool is Dihan Janse van Rensburg, Xander Wray en Armand Pretorius in ‘n CertiSure o.11-span opgeneem wat in drie stede, naamlik Dublin, Cork en Limerick in vier wedstryde met ander klubs in Ierland gaan kragte meet.

Die span wat gaan toer sal ter voorbereiding in Julie en Oktober vanjaar oefengroepe bywoon.

Roleen Olivier, skoolwoordvoerder het gesê, “Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om uit ongeveer 20 rugbyspanne vir die toerspan gekies te word. Ons wens ons seuns sterkte toe en weet hulle sal goed vaar en Rappies se naam hoog hou.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button